Watter dissiplines bied die
klub aan?
Die klub bied ARTISTIESE
gimnastiek vir skoolgaande dogters en seuns aan. Daar is ook BEGINNERS GIMNASTIEK vir
kinders vanaf voorskoolse ouderdom. Die
beginnersgimnaste doen die BADGES-program en
kan later oorskakel na die amptelike SAGF-program
vir kompeterende artistiese gimnastiek. Evaluasie
vir die BADGES word jaarliks in September/ Oktober
gedoen en gimnaste ontvang hulle Badge en
sertifikaat by die jaarlikse prysuitdeling in
November. Die kompetisie-seisoen vir die
Levels-gimnaste is hoofsaaklik van Januarie-Oktober,
met die Nasionale kompetisies wat einde September/
begin Oktober plaasvind.
Wat is Artistiese Gimnastiek?
Artistiese gimnastiek vir dogters en seuns is die
algemeen bekende gimnastiek wat ‘n mens op die TV
sien wanneer dit die Olimpiese spele is. Die dogters
het vier apparate, nl. die brug (uneven bars), balk
(balance beam), spronge (vault) en vloer (floor).
Die seuns het ses apparate, nl. die vloer (floor),
spronge (vault), brug (parallel bars), rekstok
(horizontal bar), ringe (rings) en beuelperd
(pommelhorse).
Die Suid-Afrikaanse Gimnastiek
Federasie (SAGF) is die nasionale beheerliggaam vir
gimnastiek in Suid-Afrika en is by die
Internasionale Gimnastiek Federasie (FIG)
geaffilieer. Alle klubs in Suid-Afrika moet by SAGF
affilieer. Die huidige sisteem in Suid-Afrika werk
soos volg:
Dogters Artisities Vlakke 1-7:
Voorgeskrewe reekse soos uitgewerk deur die
tegniese komitee van SAGF, met die Vlak 5-7 reekse
wat bepaalde vereistes het en die gimnaste hulle eie
reekse kan uitwerk.
Dogters Artistiese Vlakke 8 tot
Senior Olimpies: Eie keuse reekse soos uitgewerk
deur die gimnaste, met bepaalde vereistes waaraan
voldoen moet word.
Seuns Artisities Vlakke 1-7 &
Elite 1-4:
Voorgeskrewe reekse soos uitgewerk deur die
tegniese komitee van SAGF.
Seuns Artistiese Vlakke 8 tot
Senior Olimpies: Eie keuse reekse soos uitgewerk
deur die gimnaste, met bepaalde vereistes waaraan
voldoen moet word.
Waar is die klub geleë?
In Malherbe straat op die PUK kampus van die Noordwes Universiteit, Potchefstroom.
kliek hier om padkaart te sien...
Vanaf Klerksdorp: volg die N12 tot in
Potchefstroom (Nelson Mandela Rylaan). Draai links
in Beyers Naude laan en hou reguit aan tot by
Esselen straat. Draai links in Esselen straat en hou
aan tot by Universiteitshekke. Gaan in by
Esselenstraat-hekke van die kampus, draai regs om
die sirkel. Eerste groot gebou aan die regterkant
(groot saal met vensters reg rondom net onder die
dak) is waar die oefeninge plaasvind.
Vanaf
Johannesburg:
volg die N12 tot in Potchefstroom
(Nelson Mandela Rylaan). Draai regs in Beyers Naude
laan en hou reguit aan tot by Esselen straat. Draai
links in Esselen straat en hou aan tot by
Universiteitshekke. Gaan in by Esselenstraat-hekke
van die kampus, draai regs om die sirkel. Eerste
groot gebou aan die regterkant (groot saal met
vensters reg rondom net onder die dak) is waar die
oefeninge plaasvind.
Wanneer is die oefentye?
Die oefentye vir die verskillende groepe is soos
volg, maar hou asb. in gedagte dat dit moontlik kan
verander indien dit nodig is:
|
Dae |
Tyd |
Groep |
|
Ma &
Wo |
14:15 - 15 :15
|
Beginners & G-Y-M-Badges (seuns &
dogters) |
|
Ma &
Wo |
14:15 - 15:45
|
Kompetisiegimnaste (Vlak 1 - Vlak 3
seuns) |
|
Ma &
Wo |
14:15 - 17:00
|
Kompetisiegimnaste (Vlak 4 - Vlak 8
seuns) |
|
Ma &
Wo & Vry |
15:00 - 17:00
|
Kompetisiegimnaste (Vlak 4 - Vlak 8
hoërskool dogters) |
|
Ma &
Wo |
15:30 - 17:00
|
Kompetisiegimnaste (Vlak 1 - Vlak 8
laerskool dogters) |
Vrydae
|
15:00
- 17:00 |
Geskeduleerde ekstra oefentyd vir
kompetisiegimnaste |
Hoe oud moet my kind wees om
in te skryf?
Dogters en seuns moet 5 jaar oud wees om in
te skakel by die klub.
Watter klere moet my kind
aantrek?
Volgens die klub se grondwet geld die volgende reëls
t.o.v klerasie:
-
Die amptelike oefendrag
van die klub is ‘n swart, rooi en/of heldergroen
lycra leotard.
-
Enige ander oefenklere word ook
toegelaat, solank dit nie die gimnas strem in die
oefening nie (geen rokke/ rompe/ jeans).
-
Die kompetisieleotard van wit, swart,
rooi en groen lycra is ‘n voorvereiste vir deelname
aan kompetisies en kan twee keer per jaar deur die
klub bestel word. Betaling moet die bestelling
vergesel.
-
Die klub beskik ook oor ‘n klubsweetpak.
Alle gimnaste word aangemoedig om ‘n klubsweetpak
aan te koop. Klubsweetpakke is verpligtend vir
gimnaste wat aan kompetisies deelneem.
-
Alle klerasie kan deur die bestuurslid
van klerasie aangekoop word. Bestellings word twee
keer per jaar geneem en betaling moet bestelling
vergesel.
-
Tweedehandse gimnastiekklere word, waar
moontlik, ook deur die bestuur beskikbaar gestel aan
klublede. Enige klubklere wat te klein is of nie
meer gebruik word nie, kan aan die bestuur oorgedra
word.
Wat is die tarriewe?
a. Afrigtingsfooie
Die afrigtingsfooie is vooruitbetaalbaar voor die 7e van
elke maand vir 10 maande, en kan jaarliks, kwartaalliks of
in 10 maandelikse paaiemente betaal word.
b. Aansluitingsfooie
Eenmalige Aansluitingsfooi word betaal wanneer 'n gimnas
by die klub aansluit.
c.
Kompetisie fooie
Gimnaste wat
aan die Noordwes Kampioenskappe wil deelneem vir provinsiale
kleure moet by Noordwes Gimnastiek en SAGF affilieer. Die registrasiefooie per
kompeterende gimnas beloop ongeveer R400. Dit sluit die
administrasiefooi vir Noordwes Gimnastiek in en is in Maart
betaalbaar. Siende dat die standaard van
gimnastiek in die provinsie baie hoog is, sal slegs gimnaste
wat deur die hoofafrigters geïdentifiseer word vir
kompetisies ingeskryf word. Kompetisiefooie is vooruitbetaalbaar voor elke kompetisie.
Gimnaste wat onttrek nadat die inskrywings deurgestuur is
(of nie deelneem sonder voldoende vooraf kennisgewing nie),
is steeds verantwoordelik om die inskrywingsgelde te betaal.
NB. Indien u kind ophou met die gimnastiek moet daar
vooraf
‘n maand betaalde kennis gegee word. Gimnaste
wat vir meer as 1 maand/ 4 weke afwesig is sal, mits
daar ‘n reëling met die klubbestuurder getref is, as
onaktiewe lede beskou word en hulle plekke sal aan nuwe
gimnaste gegee word.
Grondwet-reëls i.t.v finansies
-
Die gimnaste betaal ‘n
eenmalige aansluitingsfooi met toetrede tot die
klub. Die bedrag word jaarliks deur die bestuur
vasgestel.
-
Afrigtingsfooie word
jaarliks deur die bestuur vasgestel. Hierdie fooi
moet VOORUIT betaal word, en elektronies in die klub
se bankrekening inbetaal word.
-
Afrigtingsfooie word vir
tien maande van die jaar gehef, aangesien
vakansieprogramme en oefenkampe gedurende die
skoolvakansies aangebied word. Dit is in paaiemente
betaalbaar, hetsy maandeliks of kwartaalliks.
-
Indien ‘n gimnas se
afrigtingsgelde met meer as twee maande agterstallig
raak, en daar geen verdere reëlings met die
klubbestuur getref is nie, kan afrigting aan
sodanige gimnas(te) gestaak word.
-
Enige reëling ten opsigte
van betaling van fooie moet met die
voorsitter/klubbestuurder en tesourier getref word.
-
Alle gimnaste wat aan
kompetisies deelneem moet by Noordwes Gimnastiek en
die SAGF registreer. Hierdie fooie word deur die
betrokke liggame bepaal en moet deur alle gimnaste
betaal word. Kennis van die fooie sal deur die
bestuur en/of afrigters aan die gimnaste gegee word,
en betaling geskied ook deur middel van die
koevertjiestelsel.
-
Inskrywingsgelde vir
kompetisies is VOORUIT betaalbaar en geen inskrywing
sal sonder betaling van gelde geskied nie.
-
Enige gelde, ook vir
klere, kan elektronies inbetaal word.
Hoe kan ek betaal?
Alle betalings aan BUG Gimnastiek kan direk in die
klubrekening gemaak word:
Rekeninghouer:
BUG Gimnastiek
Bank:
ABSA
Takkode:
632005
Tipe rekening:
Spaar
Rekeningnommer:
678223972
Meld asb. in u verwysing so volledig as moontlik vir watter
gimnas(te) die gelde is en ook waarvoor, bv. Pieter
Steyn NOV afrigting.
Wie rig my kind(ers) af?
Die klub het ‘n groot groep SAGF-gekwalifiseerde en
ervare studente- & voltydse artistiese
afrigters wat jaarliks by die Suid-Afrikaanse Gimnastiek
Federasie (SAGF) affilieer (die kwalifikasies is die
enigste erkende gimnastiekkwalifikasies wat in die land
bestaan). Baie van die afrigters is oud-gimnaste en
kompeteer tans ook nog op Senior vlak. Meeste van die
afrigters is ook SAGF-gekwalifiseerde beoordelaars,
waarvan party tot op Internasionale vlak beoordeel.
Moet my kind inskryf vir
kompetisies?
Daar is twee afdelings in die klub, namelik
kompetisie-gerigte deelname en ontwikkelingsdeelname.
Die klem binne altwee hierdie afdelings is op genot in
deelname en oefening, en om die kind holisties te
ontwikkel. Vir die gimnaste wat toppresteerders wil wees
in gimnastiek is daar geleentheid om hulle volle
potensiaal te bereik, en vir die ontwikkelingsgimnaste
is daar geleentheid om die gimnastiekoefeninge as deel
van hul motoriese ontwikkeling te doen. Vir die
ontwikkelingsgimnas is die klem dus nie op die najaag
van pryse en toekennings nie. Indien ‘n gimnas egter
kompetisie-gerigte deelname kies is daar ‘n aantal
kriteria waaraan hy/ sy moet voldoen.
Beginnergimnaste jonger as 8 jaar oud neem as 'n reël NIE aan kompetisies in
die eerste jaar deel nie, mits die ouers en die
hoofafrigters 'n ander reëling getref het.
Kriteria:
-
Deelname aan eerste Klubkompetisie
van seisoen en moet ‘n gemiddelde punt, soos
jaarliks deur die hoofafrigters en bestuur
vasgestel, hê om aan die tweede klubkompetsie deel
te neem.
-
Deelname aan tweede Klubkompetisie
van seisoen en moet ‘n gemiddelde punt, soos
jaarliks deur die hoofafrigters en bestuur
vasgestel, hê om by Noordwes Gimnastiek en SAGF te
registreer.
-
Deelname aan uitnodigingskompetisies
wanneer gemiddeld by tweede klubkompetisie hoër is
as die gemiddelde punt soos jaarliks deur die
hoofafrigters en bestuur vasgestel.
|